什么呢| 脂蛋白高吃什么药能降下来| camouflage什么意思| 春什么秋什么| 什么眼霜去皱效果好| 指腹为婚是什么意思| 吃什么去黄褐斑最有效| 对口升学什么意思| 乳腺彩超挂什么科| 舌裂吃什么药| 血糖高的人吃什么好| 碧玺五行属什么| 破涕为笑什么意思| 1989年属蛇是什么命| 颈动脉挂什么科| 寿司用什么米做好吃| 谭咏麟属什么生肖| 喉咙有痰是什么原因引起的| 6月23日是什么节日| 富强粉是什么面粉| 吃鱼肝油有什么好处| 女人吃牛蛙有什么好处| 1984年属鼠五行属什么| 梦见和死去的人说话是什么意思| 什么样的小船| 盐酸利多卡因是什么药| 白带长什么样| 考生号是什么| 苹果什么时候成熟| 精制盐是什么盐| 无为而治是什么意思| 暗网是什么意思| 睡莲为什么叫睡莲| 腱鞘炎用什么药能治好| 目前是什么意思| 什么饼干养胃最好| 梦见老鼠是什么意思| 胎盘2级是什么意思| 王者风范是什么意思| 血压低是什么原因引起的| 奶水不足吃什么下奶最快| 杭州菜属于什么菜系| 关灯吃面什么意思| 胸部ct平扫能检查出什么| 兔子肉不能和什么一起吃| 什么是处方药| 猫可以吃什么水果| 派出所传唤是什么意思| 下呼吸道是指什么部位| 大拇指旁边是什么指| 胖头鱼又叫什么鱼| 不食人间烟火是什么意思| 牛反刍是什么意思| 全期猫粮什么意思| 考试前吃什么能让大脑发挥最佳| 女生的胸长什么样子| 脸上掉皮是什么原因| 吃什么去湿气| 骨肉相连是什么肉| 肚子为什么会胀气| 行李是什么意思| 93什么意思| 时柱亡神是什么意思| 戌时属什么生肖| 眼睑痉挛是什么原因造成的| 什么是闰年什么是平年| 龙日冲狗要忌讳什么| 两败俱伤是什么意思| 什么叫cta检查| 阴道里面长什么样| 什么运动使人脸部年轻| 乳酪是什么东西| 命里缺什么怎么看| 肉瘤是什么样子图片| 竹棉和纯棉有什么区别| 无花果有什么作用| 外阴瘙痒是什么原因| cachecache是什么牌子| 六甲是什么意思| 三阳开泰是什么意思| 知心朋友是什么意思| 天天打喷嚏是什么原因| hr是什么| 三什么开泰| 在什么| 伯恩光学是做什么的| 倾慕是什么意思| 什么什么不已| 足跟疼挂什么科室| 什么是认知| 额头长痘是因为什么| 什么是网球肘| hib疫苗是什么意思| 揍是什么意思| 为什么鼻子无缘无故流鼻血| 黄鼠狼怕什么| 怀孕一个月内有什么反应| 6月22什么星座| 手麻木吃什么药| 低血压是什么原因引起的| 电轴右偏是什么意思| 为什么现在不建议输液| 飞龙在天是什么生肖| 卡介苗什么时候接种| 世界上最多的动物是什么| 不寐病是什么意思| 胃胀胃不消化吃什么药| 118什么意思| 高血糖不能吃什么| 肾病应该吃什么| 阴茎痒是什么原因| 老放屁吃什么药| 养尊处优的意思是什么| 天衣无缝什么意思| 金匮肾气丸有什么功效| 清纯是什么意思| 12月20号是什么星座| 成手是什么意思| 笃定什么意思| 马齿苋有什么作用| 口蜜什么剑| 什么糖最甜| 黑色属于什么五行属性| 植物有什么| 天蝎座女生配什么星座| 四九城是什么意思| 衰竭是什么意思| 孕妇吃什么菜| 无间道是什么意思| 什么病| 鲤鱼旗的含义是什么| 缘是什么生肖| MC是什么牌子的车| 超五行属什么| 膝关节痛挂什么科| 什么叫低钾血症| 水痘擦什么药膏好得快| 吃什么补血贫血| kaws是什么牌子| 吃什么下奶| 舌苔厚吃什么药| 男人左手有痣代表什么| 郑州有什么大学| 猫有什么病会传染给人| 化疗为什么要剃光头| 措施是什么意思| 类胡萝卜素主要吸收什么光| 雍正姓什么| 罡是什么意思| 斑鸠和鸽子有什么区别| 脸上出汗多是什么原因| 排卵期有什么症状| 十一月份是什么星座| 自缢痣是什么意思| 细菌感染有什么症状表现| 手机充电慢是什么原因| 羧甲基纤维素钠是什么| 胎儿股骨长是什么意思| 现在最好的避孕方法是什么| 盛世的意思是什么| 骶管小囊肿是什么意思| 母亲节什么时候| 孩子肚子疼吃什么药| cd56阳性是什么意思| 睡觉吐气是什么原因| 618是什么| 白带黄绿色是什么炎症| 达芬奇是干什么的| 女人吃鹿茸有什么好处| 室早是什么意思| 芋圆是用什么做的| 安全感是什么| 脚底痒是什么原因| 非洲割礼是什么| 杀鸡给猴看什么意思| 活在当下什么意思| 肚脐左下方疼是什么原因| 小苏打有什么作用| 甘油三脂高是什么意思| 行房出血是什么原因| 肚子左侧是什么器官| 吃什么去肝火| pcp是什么意思| 眼皮跳是什么原因引起的| 什么叫钝痛| 智齿什么时候长| 笙字五行属什么| 银针茶属于什么茶| 维生素D有什么食物| 1995年是什么年| 经变是什么意思| 01年属什么的| 草泥马是什么| 子宫内膜厚有什么症状| 忠诚的近义词是什么| 菡什么意思| 小腹左侧疼是什么原因| 香港代购什么东西好| 鞭挞是什么意思| 拉肚子吃什么食物| 肚脐周围是什么肠| 肩膀酸痛是什么原因| 诸葛亮为什么气死周瑜| 胆红素偏高有什么危害| 夜宵和宵夜有什么区别| 杏仁吃了有什么好处| 官方旗舰店是什么意思| 李子有什么功效| 何五行属什么| 牙疼吃什么止疼药见效快| 官员出狱后靠什么生活| hedgren是什么品牌| 绿巨人是什么意思| 白萝卜不能和什么一起吃| 吃什么水果可以护肝| 半永久是什么意思| 下夜班是什么意思| 羊经后半边读什么| 卵巢是什么| 乳清是什么| 沉沦是什么意思| 晚上喝蜂蜜水有什么好处和坏处| 什么品种的榴莲最好吃| 椭圆脸适合什么发型男| 绝对值是什么意思| 子宫直肠窝积液是什么意思| 内分泌失调是什么| 月嫂下户是什么意思| 磕碜是什么意思| 鼻涕带血是什么原因引起的| 暗是什么生肖| 糖化血红蛋白是查什么的| h2o是什么意思| 鹿象征什么寓意| 痛经打什么针止痛| 田七与三七有什么区别| 交易是什么意思| 兔子五行属什么| 印巴冲突中国做了什么| 彩色多普勒超声常规检查是什么| 皮肤病是什么原因造成的| 晕车喝什么| 卑微是什么意思| 挂彩是什么意思| 性价比高什么意思| 手术后能吃什么水果| 疝气是什么症状| 蓝光是什么| 多元是什么意思| 经常流鼻涕是什么原因| pt950是什么金| 火棉胶婴儿是什么意思| 乳腺结节吃什么食物好| 湿疹涂什么| 过是什么结构| 香港五行属什么| 雌二醇过高是什么原因| 53年属什么生肖| 女人吃猪肝有什么好处| 肾在什么位置| 人乳头病毒是什么意思| 大姨妈不能吃什么| 眉毛痒是什么原因| 盐吃多了有什么危害| 百度Gaan na inhoud

“改善医疗服务百日行动”启动一个多月 患者就医感受有了哪些提升?

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
'n R-36 ballistiese missiel gelanseer vanuit 'n Sowjet-silo.
百度   监察委员会是行使国家监察职能的专责机关,与党的纪律检查机关合署办公,体现了党内监督和国家机关监督、党的纪律检查和国家监察有机统一。

'n Missiel is in militêre terminologie[1] (ook bekend as 'n geleide missiel of 'n geleide vuurpyl), 'n geleide wapen in die lug wat in staat is om selfaangedrewe te vlieg, gewoonlik deur 'n straalmotor of vuurpylmotor. Missiele het vyf stelselkomponente: teikenstelsel, geleidingstelsel, vlugstelsel, enjin en plofkop. Missiele kom in tipes wat aangepas is vir verskillende doeleindes: grond-tot-grond en lug-tot-grondmissiele (ballisties, vaartuig, anti-skip, tenk, ens.), grond-tot-lugmissiele (en anti-ballisties), lug-tot-lugmissiele en anti-satelliet wapens.

Lugploftoestelle sonder aandrywing word na verwys as plofkoppe as dit deur 'n artillerie geskiet word en bomme as dit deur 'n vliegtuig gelos word. Ongeleide missiele word gewoonlik as vuurpylartillerie beskryf. Histories verwys die woord missiel na enige projektiel wat na 'n teiken gegooi, geskiet of aangedryf word; hierdie gebruik word vandag nog erken.[1]

Daar is eers gedurende die Tweede Wêreldoorlog begin om missiele op noemenswaardige skaal te gebruik. Sedertdien is dié wapens baie ontwikkel, sodat dit vandag met dodelike gevolge aangewend word en 'n verskeidenheid van teikens kan uitwis. Die strategiese nut van die wapens was aanvanklik baie beperk, omdat die tegnologie om die wapens akkuraat te kan rig, destyds nie bestaan het nie.

Groot akkuraatheid is egter nie so 'n belangrike vereiste vir missiele wat kernwapens as plofkoppe gebruik nie, omdat die wapens verwoesting oor sulke groot gebiede kan saai. Gedurende die vroe? sestigerjare het die ontwikkeling van interkontinentale ballistiese missiele voorrang geniet bo dié van bemande bomwerpers.

Die voordele van strategiese interkontinentale ballistiese missiele bo dié van bemande bomwerpers is dat hulle ontsettend vinnig is, baie hoog vlieg en 'n groot reikafstand het. 'n Nadeel van die wapens is egter dat hulle nie soos bemande bomwerpers teruggeroep kan word nadat hulle gelanseer is nie. Gebeure tydens die Koue Oorlog het aanleiding gegee tot die ontwikkeling van ware interkontinentale ballistiese missiele, die verbetering van taktiese missielstelsels en later ook die ontwikkeling van missiele wat ander missiele in vlug kan vernietig.

Die groot moondhede beskik tans oor vreesaanjaende missielarsenale, wat vanuit versterkte silo's (berg- en lanseerskagte) in die grond of vanuit duikbote gevuur kan word. 'n Wye verskeidenheid taktiese missielstelsels wat verskillende tipes lanseerplatforms vir verskillende doeleindes gebruik, is ontwikkel. Huidige ontwikkelings behels veral die miniaturisasie van die elektroniese stelsels en, waar van toepassing, ook die kernplofkoppe. Die ontwikkeling van doeltreffende elektroniese geleidingstelsels is by die kruismissiele van groot belang.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Vir die doeleindes van hierdie artikel word 'n missiel beskou as 'n wapen wat afgevuur (gelanseer) word en dan met behulp van sy eie aandrywing aanpeil op 'n teiken waarvan die geografiese ligging vooraf ingeprogrammeer is of wat hy deur middel van interne stelsels self opspoor, ten einde dit met 'n plofkop te vernietig. 'n Missiel word as 'n militêre wapen beskou as dit 'n plofkop met 'n konvensionele lading (plofstof), 'n chemiese plofkop (gifgas), 'n biologiese plofkop (bakterie? wat ernstige siektes veroorsaak) of 'n kernplofkop dra.

Die Siemens-Schuchert-werke in Duitsland het gedurende die Eerste Wêreldoorlog van die heel eerste geleide missiele ontwerp. Dit het bestaan uit 'n bom wat in 'n stroombelynde romp ingebou is en met behulp van dubbeldekkervlerke na 'n teiken gesweef het nadat dit uit 'n vliegtuig vrygelaat is. Die bom is met behulp van radiobeheer na sy teiken gestuur, maar daar is min oor die aanwending van die bom bekend. In dieselfde tyd het die Amerikaanse weermag ook 'n reeks vlie?nde bomme ontwerp.

'n Klein dubbeldekkervliegtuigie wat van karton en papiermaché gebou is, het 'n lading van 135 kg gedra en die kragbron was 'n skroefenjin van 28 kW. Die vliegtuig kon op 'n vasgestelde kompasrigting tot 100 km ver vlieg, totdat 'n afstandmeter 'n meganisme geaktiveer het wat die vlerke laat afval en die bom so neergelaat het. Probleme wat met die ontwikkeling van die vliegtuig ondervind is, is te laat uitgestryk en dit is dus nooit in die Eerste Wêreldoorlog gebruik nie. Tussen die twee wêreldoorlo? het die Britse Lugmag 'n vlie?nde bom, RAE Larynx, wat met behulp van 'n stuuroutomaat gerig is, gebou.

'n Aantal gewone vliegtuie wat as teikens vir lugafweeroefeninge moes dien, is ook onbeman deur middel van radiobeheer laat vlieg. Met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog het veral die Duitsers en die Russe baie navorsing oor missiele gedoen. Min is oor die Russe se werk bekend, maar die Duitsers het 'n aantal geleidingstelsels ontwikkel waarvan die beginsels vandag nog in missiele toegepas word. Die eerste praktiese geleide missiel is egter deur die Britte ontwerp. Dit was die Miles Hoopla, 'n klein houtvliegtuig met 'n Gipsy Major-enjin wat 'n plofstoflading van 454 kg teen 483 km/h op 'n vooraf bepaalde roete kon dra.

Hoewel die missiel baie doeltreffend kon wees, het dit nooit die produksiestadium bereik nie. Die voorgangers van vandag se ballistiese missiele en kruismissiele was die Duitse A-4 ("V2") en Fieseler Fi 103 ("V1") uit die Tweede Wêreldoorlog - die eerste strategiese missiele wat met welslae gebruik is. Ná die Tweede Wêreldoorlog het die missiele 'n groot invloed op die ontwerp van die daaropvolgende geslag missiele gehad. Ander Duitse ontwikkelings tydens die Tweede Wêreldoorlog, soos die taktiese grond-tot-grondmissiel die Rheinbote, het 4 stadia gehad en is gebruik om teikens 200 km van die lanseerbasis af te vernietig.

Hierdie missiele is niks anders as 'n uitbreiding van die konsep van artillerie nie en dit bestaan vandag nog in die vorm van die Amerikaanse Lance en Honest John en die Sowjetunie se reeks Frog-missiele. Die Duitse weermag het in die oorlog ook 'n aantal lug-tot-grondmissiele met groot welslae gebruik. Die bekendste en dodelikste was die Fritz X, wat selfs slagskepe soos die Italiaanse Roma kon kelder. Die missiele is vanuit vliegtuie gelanseer en 'n operateur in die vliegtuig het die missiel met radiobeheer na die teiken gestuur. Die Geallieerde Magte het nie die gelyke van die missiel asook die Henschel HS 293-reeks (ook 'n lug-tot-grondmissiel) gehad nie.

Die HS 293 is aanvanklik met 'n radio beheer, maar dit is later so ontwikkel dat die operateur 'n televisiekamera voor in die missiel se neus gebruik het om die koers te bepaal en om te kyk of koersaanpassings doeltreffend is. By latere ontwikkelings is dun draadjies, waarmee elektroniese seine na die stuuroppervlakke gestuur is, gebruik om die missiel na die teiken te lei. Hierdie metode word vandag nog met dodelike effek in anti-tenkwapens gebruik: in die Oktober-oorlog van 1972 is 'n groot aantal Israeliese tenks byvoorbeeld met die Sowjet-vervaardigde AT-3 Sagger vernietig.

Gedurende die Tweede Wêreldoorlog het Duitsland 'n aantal grond-tot-lug-missiele ontwikkel om vliegtuie mee af te skiet. Die missiele, soos die Rheintochter, Wasserfall en Enzian, kon verbasende snelhede en hoogtes bereik. Probleme met die aanpeilingstelsels het egter veroorsaak dat hulle nie doeltreffend gebruik kon word nie. Die Geallieerde Magte se missiele het, op een tipe na, by dié van Duitsland en Japan afgesteek. Die Amerikaanse Lugmag het 'n aantal sweefbomme, die BG-, die GB- en die VB-reeks, gebruik.

Dit was gewone bomme wat vlerkies gehad het en deur radiobeheer na teikens gestuur kon word. 'n Aantal daarvan is met welslae gebruik, maar die volle potensiaal van so 'n stelsel kon eers met die ontwikkeling van laserrigtingstelsels aan die begin van die sewentigerjare ten volle benut word. Bomme was daarna in staat om 'n laserstraal met besondere akkuraatheid na 'n teiken te volg. Die Israeli-aanval op 'n Irakese kernkragsentrale in 1981 is met behulp van die bomme uitgevoer.

In teenstelling met die BG-, die GB en die VB-reeks sweefbomme was die Bat, 'n selfaanpeilende missiel met 'n plofstoflading van 454 kg wat sy teiken, gewoonlik skepe, met behulp van radar opgespoor en daarna vernietig het. 'n Aantal Japanse skepe is in 1945 met die vliegtuiggelanseerde missiele vernietig. Ná die Tweede Wêreldoorlog is daar met die ontwikkeling van missiele voortgegaan en die oorwinnaars het baie uit die Duitse tegnologie geleer. Aanvanklik was die geleidingstelsel nie baie doeltreffend nie, en dit het meegebring dat klein teikens nie met akkuraatheid aangeval kon word nie.

Deur die missiele van 'n kernplofkop te voorsien, kan hulle 'n groter oppervlakte vernietig en hoef hulle dus nie so naby aan 'n teiken te kom nie. Die eerste reeks strategiese ballistiese missiele was trouens nie baie akkuraat nie. Gedurende die vyftigerjare was die groot moondhede in die sogenaamde Koue Oorlog gewikkel. Die gevaar van vyandelike bomwerpers wat stede met kernwapens kon vernietig, het gelei tot die ontwikkeling van gesofistikeerde grond-tot-lugmissiele.

Die moondhede se vegvliegtuie was in groter mate met geleide lug-tot-lug-missiele toegerus om vyandelike bomwerpers te onderskep. Die hittesoekende Sidewinder-missiel was die eerste geleide lug-tot-lug-missiel wat in 'n geveg gebruik is. Die missiel is in 1958 deur F86 Sabrejagters van die Republiek China (Taiwan) gebruik om Kommunistiese Chinese MiG-17’s af te skiet. In hierdie tydperk is baie navorsing oor missielstelsels gedoen, en dit is in die sestigerjare in die praktyk toegepas en so verbeter dat missieltegnologie met rasse skrede vooruitgegaan het.

Die Sowjetunie het sy lugafweerstelsels in die Vi?tnamoorlog feitlik ondeurdringbaar vir vyandelike vliegtuie gemaak, terwyl die VSA in dieselfde oorlog sy lug-tot-grond- en lug-tot-lug-missielstelsels baie verbeter het. Die doeltreffendheid van hierdie stelsels is in die oorlo? van die sewentigerjare en die vroe? tagtigerjare bewys. Dit het die gang van oorlo?, byvoorbeeld die Jom Kippoeroorlog, die Falkland-oorlog en die konflik in Libanon bepaal.

Gedurende die Jom Kippoeroorlog was die Israeliese Lugmag feitlik geneutraliseer deur die SA-6-stelsels, terwyl sy pantsermagte geweldige verliese as gevolg van die gebruik van AT-3 Sagger-missiele gelei het. Totdat teenmaatre?ls getref kon word, was Israel baie na aan sy eerste nederlaag. Die Falkland-oorlog het die belangrikheid van missiele in moderne oorlogvoering verder beklemtoon. Volgens Britse bronne is sowat 70 Argentynse vliegtuie gedurende die konflik afgeskiet – die oorgrote meerderheid deur AIM-9 Sidewinder-lug-tot-lug missiele, Seacat- en Seadart-skip-tot-skipmissiele, asook Rapier- en Blowpipe-grond-tot-lug missiele.

Die trefkrag van lug-tot-grondmissiele, byvoorbeeld die Franse Exocet, is bewys toe die Britse skepe HMS Sheffield en die Atlantic Conveyer deur die missiele gekelder is. Die gebeure het die wêreld verstom en dit sal waarskynlik 'n radikale verandering in militêre denke tot gevolg hê. 'n Minder bekende feit is die aanval op 'n Argentynse duikboot deur Britse Lynx-helikopters met Sea Skua-missiele. Die duikboot is as gevolg van die aanval gedwing om op die strand te loop. Die Israeli's het na die Jom Kippoeroorlog intensief gesoek na maniere om die missielbedreiging die hoof te bied.

Hulle het welslae behaal en die uitwerking daarvan was die totale uitwissing van die gevreesde Siriese grond-tot-lug-missielstelsel in die Bekaavallei gedurende die Libanonkonflik van 1982. Dit is vermag deur 'n klein, afstandbeheerde, onbemande vliegtuig oor die vallei te stuur. Die vliegtuigie het van sensors gebruik gemaak om die frekwensies van die radargeleidingstelsels van die missiele te identifiseer en na 'n beheervliegtuig te sein. Grondaanvalvliegtuie wat gewapen was met lug-tot-grondmissiele en wat radarsensitiewe geleidingstelsels het, het die Siriese stellings aangeval.

Sodra die Israeliese vliegtuie op die toneel verskyn het, is die lugafweermissiele se radarstelle aangeskakel. Die lug-tot-grondmissiele is dan gelanseer en het die radarstelle se straling tot by die oorsprong daarvan gevolg. Die SAM's (grond-tot-lugmissiele) is so vernietig. Die Israeliese lugmag het ook talle moderne Sowjet-vervaardigde MiG-23-jagters (NAVO-kodenaam: Flogger) van die Siriese lugmag afgeskiet deur onder meer van 'n Israeliese lug-tot-lugmissiel (Shafrir) gebruik te maak.

Dit, asook die verwoesting van die SAM's, het die Israeli's heerskappy in die lug besorg. Dit het meegebring dat Siri? nie weer tussenbeide wou tree nie, wat tot Israel se militêre oorwinning gelei het. Missielstelsels is nie noodwendig ingewikkeld of duur nie. Die bekende SA-7 (NAVO-kodenaam: Grail) kan selfs deur ongeskoolde soldate gebruik word. Die doeltreffendheid van die ongesofistikeerde wapen is talle kere bewys. Die SA-7 word van 'n buis op 'n soldaat se skouer afgevuur en die missiel volg dan die hitteuitstralings van sy teiken se enjin.

Tydens die oorlog in die destydse Rhodesi? is twee Viscountpassasiersvliegtuie met die missiele afgeskiet. Die voortdurende ontwikkeling en modernisering van missiele en hulle geleidingstelsels bly 'n noodsaaklikheid. Wat 'n paar jaar tevore nog as die modernste beskikbare stelsels beskou is, word gou verouderd. Gedurende die Libanese konflik (1982) is die Sowjet-ontwerpte lugafweerstelsel byvoorbeeld nog as uiters doeltreffend beskou.

Gedurende die Falklandkonflik het die Britte ook 'n teenvoeter vir die Exocet gevind: 'n ou Tweede Wêreldoorlog-taktiek, waarvolgens die missiel se radargeleidingstelsel verwar word sodat dit die teiken mis, is toegepas. Ontsaglike somme geld en 'n geweldige mannekrag-belegging is dus nodig om stelsels, wat buitendien 'n paar jaar later verouderd sal wees, te bly ontwikkel, en om weer met nuwe ontwikkeling te begin.

Werking

[wysig | wysig bron]

Aandrywing en beheer

[wysig | wysig bron]

Die aandrywing en rigtingbeheer van 'n missiel is van groot belang omdat dit die missiel so vinnig en akkuraat moontlik met behulp van die geleidingstelsel by die teiken moet kry - voordat teenoptrede vanaf die teiken kan volg. Die aandrywingseenhede moet dus so ontwerp word dat dit die missiel so gou moontlik tot die effektiewe snelheid kan versnel en die snelheid kan handhaaf solank die teiken nog binne die perke van die geleidingstelsel se soekveld is. Rigtingverandering kan bewerkstellig word deur of die rigting van die stukrag op die een of ander manier te verander, of deur klein vlerkies aan die romp te gebruik.

Geleidingstelsels

[wysig | wysig bron]

Die geleidingstelsels se doeltreffendheid en akkuraatheid bepaal die welslae van 'n missiel. Die stelsels se doel is om 'n missiel se teiken op te spoor, te volg en die missiel naby genoeg aan die teiken te bring dat dit vernietig kan word. Die geleidingstelsels is die kwesbaarste faktor in die gebruik van missiele, omdat die teenstanders se teenmaatre?ls gewoonlik op die verwarring van die geleidingstelsels berus. Dit veroorsaak dat die teiken gemis word.

Die eerste doeltreffende geleidingstelsel is in die Fi 103 (V1: die letter V verteenwoordig die Duitse woord Vergeltungswaffe, wat "vergeldingswapen" beteken) gebruik. Die missiel is so gestel dat dit 'n bepaalde kompasrigting met behulp van 'n stuuroutomaat kon volg. 'n Afstandmeter het die missiel op 'n bepaalde tyd grond toe laat duik, waar dit ontplof het.

Die Duitse A-4 (V2) was die eerste strategiese ballistiese missiel. Sy geleiding het berus op 'n stelsel van pendulums, giroskope en 'n versnellingsmeter, wat almal saamgewerk het om die missiel sy ballistiese baan te laat volg en 'n teiken 300 km van die lanseerbasis af te vernietig. Moderne strategiese ballistiese missiele het ingeboude inersiegeleidingstelsels. Die posisie (ligging) van die teiken moet baie noukeurig in die geleidingstelsel ingeprogrammeer word.

Tydens vlug volg die missiel die vooraf bepaalde koers tot by die teiken. In duikbootgelanseerde missiele, soos die Polaris, moet die teiken se posisie deurlopend in die missiel ingeprogrammeer word om vir die duikboot se posisieveranderings te vergoed. Kruismissiele gebruik ook inersiegeleiding, dit wil sê die posisie van 'n teiken en die roete daarheen word vooraf ingeprogrammeer. Die stelsel word deur 'n "Tercom"-stelsel (terrain comparison) aangevul. Sensors verkry gedurende vlug inligting oor die terrein en dit word vergelyk met data oor dieselfde terrein wat in 'n rekenaar geberg is.

Indien die missiel van koers af is, word koersaanpassings gemaak totdat die 2 lesings ooreenstem, wat beteken dat die missiel weer op koers is. Vroe?re kruismissiele het van sterposisies gebruik gemaak om hul eie posisie te bepaal. Die eerste taktiese missiele wat met welslae gebruik is, is met radio's tot by hulle teikens gelei. Hoewel die stelsel baie vatbaar vir vyandelike steurings is, is dit sedert die eerste modelle baie verbeter. Dit word veral in lug-tot-grondmissiele soos die Martel gebruik.

Vroe?re missiele moes gestuur word deur middel van 'n visier wat op die teiken gerig is en wat in die lanseerplatform aangebring is. Koersaanpassings moes met behulp van radioseine gemaak word. Die lanseerplatform is só uiters kwesbaar gemaak omdat dit binne sig van die teiken, en trefafstand, moes bly en self dus maklik vernietig kon word. Die Martel en ander missiele van die nuwe geslag het 'n televisiekamera in die neus, en dit gee die operateur 'n duidelike beeld van die missiel se koers.

Koersaanpassings kan dus deur middel van radioseine gemaak word sonder dat die operateur self die teiken hoef te sien. Radarbevelsgeleiding was van die eerste metodes wat grond-tot-lugmissiele prakties toepasbaar gemaak het. Die Sowjetunie se SA- 2-missiel (Guideline) gebruik 'n verskeidenheid van radars (waaronder een met die NAVO-kodenaam Fan Song) om teikens te volg. Die radar kan verskillende voorwerpe op verskillende golflengtes volg. Een golflengte word gebruik om die teiken, 'n vliegtuig, te volg, terwyl die ander die missiel in vlug volg.

'n Rekenaar analiseer die 2 se roetes, maak die nodige koersveranderinge en wanneer die missiel en vliegtuig naby genoeg aan mekaar is, ontplof die plofkop op bevel van die rekenaar. Missiele wat op land of van helikopters af gelanseer word om teikens soos tenks aan te val, kan gelei word met behulp van dun draadjies wat elektroniese bevele na die missiel dra.

Aanvanklik moes die operateur die missiel oor die hele afstand tot by die teiken stuur, byvoorbeeld die vroe?re TOW-missiele (Tube-launched, Optically-tracked, Wire-guided). Latere ontwikkelings van dieselfde missiele het dit moontlik gemaak dat die operateur die teiken net deur middel van 'n optiese visier in sig hoef te hou en die missiel self nie in vlug hoef te volg en te stuur soos vroe?r die geval was nie. By missiele soos die Exocet of die Kormoran word 'n metode wat aktiewe radardoelsoeking genoem word, gebruik om op 'n teiken aan te peil.

Dit berus daarop dat die lanseerplatform die teiken met radar opspoor en die algemene ko?rdinate in die missiel se geleidingstelsel invoer. Ná lansering spoor die missiel die teiken met sy eie radarstelsel op en volg die weerkaatsing van sy radarenergie tot by die bron van die weerkaatsing. 'n Variant hiervan word in semi-aktiewe radardoelsoeking gebruik, en dit word veral in lug-tot-lugmissiele soos die Amerikaanse Sparrow gebruik. Voordat die missiel gevuur kan word, moet die teiken eers deur die aanvallende vliegtuig se radar bestraal word.

Wanneer die aanvaller die weerkaatste radarenergie terug ontvang, sluit die wapenstelsel die missiel se koers op die teiken. Dit word dan gevuur en peil op die teiken aan deur die weerkaatste radarstrale tot by die bron van weerkaatsing te volg. Die nadeel van die metode is dat die teiken die hele tyd in die aanvaller se radargolfveld moet bly sodat die weerkaatsing van radargolwe nie onderbreek word nie. Dit beteken dat die aanvaller vir die duur van sy missiel se vlug sy teiken moet volg, en dit maak hom baie kwesbaar vir teenaanvalle.

Verskeie grond-tot-lugmissiele (byvoorbeeld die SA-7 Grail) en lug-tot-lugmissiele (byvoorbeeld die Sidewinder en waarskynlik ook die Suid-Afrikaanse Whiplash-missiel) het 'n sensor wat baie sensitief vir infrarooi-uitstraling is. Enige vliegtuig in vlug, en veral stralers, is vanwe? die hitte wat hulle motore produseer, baie kragtige bronne van infrarooi uitstraling. Wanneer 'n missiel gelanseer is, volg dit die bron van uitstraling, haal dit in en vernietig dit. Van die nuutste geleidingstelsels benut laserbestraling, en peil daarop aan. Hierdie stelsel is baie doeltreffend teen stilstaande teikens, soos in die Vi?tnamese Oorlog en in Libanon se Bekaavallei bewys is.

Teenmaatre?ls

[wysig | wysig bron]

Die meeste teenmaatre?ls teen geleide missiele berus op die verwarring of steuring van die geleidingstelsels. Ballistiese missiele word baie moeilik onderskep omdat hulle geleidingstelsels in vlug selfstandig is en daar nie daarmee ingemeng kan word nie. Hul geweldige vinnige snelhede en die hoogte waarvandaan hulle hul teikens nader, is ook 'n probleem. Hulle kan ook nie net van koers af gedwing word nie, want waar hulle ook al ontplof, sal hulle baie skade aanrig.

'n Baie doeltreffende teenmaatre?l bestaan in die Sowjetunie, waar 'n antiballistiese missiel, die ABM 1-8 (Galosh), ontwerp is. Die missiel is radardoelsoekend en spoor aanvallende ballistiese missiele op wanneer hulle die aarde se atmosfeer binnekom en vernietig dit daar. Die Britse Vloot was die enigste in die Westerse wêreld wat 'n teenmissielmissiel tydens die Koue Oorlog beskikbaar gehad het. Dit is die Seawolf-stelsel, waarvan die doeltreffendheid gedurende die Falkland-oorlog bewys is.

Aanvallende missiele soos die Exocet word met behulp van radar op die teikenskip opgespoor en alle data word in 'n sentrale rekenaar ingevoer. Die rekenaar besluit of die voorwerp vyandelik is, bereken die roete, snelheid en tyd voor trefslag en vuur die teenmissielmissiel. Die teenmissielmissiel word na die aanvallende missiel gelei en vernietig dit voordat dit skade kan aanrig. Afhangende van die hoogte van die aanvallende missiel, kan die Seawolf deur middel van radar of televisie tot by die teiken gelei word.

Radiogeleide missiele kan maklik van koers af gedwing word deur die radiokommunikasie tussen die missiel en operateur te versteur. Radarbeheerde missiele kan verwar word deur 'n Tweede Wêreldoorlogtaktiek met die kodenaam Window te gebruik. Geleidingstelsels se radarontvangs word verwar deur 'n "wolk" van aluminiumfoeliestrokies deur die lug te laat val. Die strokies se lengtes word bepaal deur radargolflengtes, want bepaalde lengtes weerkaats die ooreenstemmende radargolwe terug. Die wolk (ook chaff genoem) vorm vir 'n radarstel 'n groter "teiken" en trek die missiel aan. Die teiken kan ook heeltemal deur die wolk verberg word. Dit is maar een van die talle bestaande radarteenmaatre?ls.

Infrarooisoekende (hittesoekende) missiele kan van spoor af gebring word as die teikenvliegtuig direk na die son vlieg en dan skielik van rigting verander. Die missiel sal die vliegtuig volg en skielik voor 'n keuse van hittebronne te staan kom. Gewoonlik sal die son, omdat dit so 'n kragtige hittebron is, die missiel aantrek. 'n Variant hiervan is om 'n aantal ligfakkels agter 'n vliegtuig vry te laat. Dit kan ook die hittesoekende missiele, veral in die nag, verwar.

Vir elke geleidingstelsel word daar teenmaatre?ls ontwikkel en vir elke teenmaatre?l word daar weer ander taktieke toegepas om dit te fnuik, ensovoorts. Missieltegnologie en die meganismes wat as verdediging teen missiele moet dien, word dus voortdurend ontwikkel. Sodra die een party 'n skynbare oorhand het ontwikkel sy teenstander 'n maatre?l wat die "ewewig" versteur. Solank as wat missiele 'n doeltreffende wapen bly, sal die toestand voortduur.

Strategiese missiele

[wysig | wysig bron]

Die meeste moderne strategiese missiele is ballistiese missiele aangesien hulle die vyand se hartland oor groot afstande met uiters kragtige kernwapens kan tref. Die vrees wat die vernietigingskrag van die missiele afdwing, verminder die moontlikheid dat moondhede met kernwapens mekaar sal aanval.

'n Ballistiese missiel is 'n militêre vuurpyl wat die grootste gedeelte van sy vlug aflê sonder om van motore gebruik te maak. Aan die begin van die vlug (die voortstuwingsfase) word die missiel van die lanseerbasis af in 'n bepaalde rigting aangedryf, totdat dit, na 'n paar minute, 'n snelheid van ongeveer 8 km/s (rofweg 25 000 km/h) en 'n hoogte van 40 tot 50 km bereik. Genoeg momentum word in die fase opgebou om die missiel sonder die verdere gebruik van motore met 'n bestendig-verminderende vaart te laat styg tot ongeveer 1 000 tot 1300 km, met ander woorde tot buite die aarde se atmosfeer.

Hierna keer die vuurpyl na die aarde terug in ‘n baan wat bepaal is deur die rigting en snelheid van die vuurpyl aan die, einde van die voortstuwingsfase. Die laaste deel van die missiel se vlug, die eindfase, geskied in die aarde se atmosfeer. Die missiel beweeg dus in 'n boog waarin daar slegs gedurende die eerste fase van aandrywingseenhede gebruik gemaak word. Ballistiese missiele word volgens hulle reikafstand en die aard van hulle lanseerbasisse in klasse ingedeel. Ballistiese missiele wat op land gestasioneer is, val in die volgende klasse:

  • Interkontinentale ballistiese missiele: langafstandmissiele met 'n reikafstand van meer as 6 500 km.
  • Tussenafstand- ballistiese missiele: langafstandmissiele met 'n reikatstand van tussen 2 500 en 6 500km.
  • Middelafstand- ballistiese missiele: missiele met 'n reikafstand van tussen 800 en 2500 km. Die Amerikaanse luggelanseerde Skybolt behoort tot die klas.
  • Kortafstand- ballistiese missiele: missiele met 'n reikafstand van slegs 800 km of minder. Hierdie klas missiele, wat die Amerikaanse Honest John- en die Russiese Frogkategorie insluit, word as taktiese wapens beskou omdat hulle van die slagveld af gevuur word.

Die Amerikaanse luggelanseerde ballistiese missiele AGM-69 SRAM, behoort ook tot die klas. Die missiel het 'n trefafstand van ongeveer 180 km en word sedert 1972 gebruik. Die Amerikaanse kortafstand ballistiese missiele kan met "enhanced radiation"-plofkoppe (neutronbomme) toegerus word. Die SRAM's kan kernplofkoppe met 'n lewering (yield) van 200 kT (kiloton) dra. Duikbote lanseer missiele wat tot die klas duikbootgelanseerde ballistiese missiele behoort.

Die missiele het dieselfde reikafstand as interkontinentale ballistiese missiele. Die missiel se akkuraatheid word uitgedruk as die CEP (circular error probability) of 'n straal, bereken vanaf 'n middelpunt (die teiken), van 'n sirkel waarbinne die helfte van die afgevuurde missiele te lande kom. Moderne ballistiese missiele het 'n CEP van 150 tot 400 m. 'n Klein CEP dui dus op 'n ho? mate van akkuraatheid, wat deur die navigasiestelsel moontlik gemaak word.

Die effek van die wapens word in terme van die dodelikheid (kill factor of K-faktor) daarvan uitgedruk. Die missiel se dodelikheid word bereken op grond van sowel die CEP as die lewering (yield of plofkrag). Die CEP be?nvloed die K-faktor meer as die lewering, wat beteken dat die akkuraatheid 'n baie belangrike faktor is. Kernplofkopmissiele wat groot stede aanval, hoef nie so akkuraat te wees nie, omdat 'n kernplofkop op enige plek groot skade oor groot oppervlaktes aanrig. Wanneer kernbomme teen siviele teikens gebruik sou word, is dit 'n terreurmiddel.

Die doel hiervan is om 'n bevolking sielkundig te be?nvloed en om 'n streek se infrastruktuur in duie te laat stort weens die chaos wat so 'n aanval veroorsaak. Missiele wat vyandelike strategiese-missielbasisse aanval, moet 'n ho? K-faktor hê omdat hulle teikens baie klein en versterk is. Hulle moet dus baie akkuraat wees (‘n klein CEP). Sedert die vyftigerjare het 'n aantal lande hulle eie arsenale van strategiese ballistiese missiele opgebou. Die lande is veral die VSA, Rusland, Brittanje, Frankryk en die Volksrepubliek China.

Hierdie lande het groot somme geld aan die vervaardiging van kernwapens bestee, asook aan die verdere ontwikkeling daarvan. Die vuurpyle self is verfyn sodat hulle 'n kleiner CEP het, gouer gelanseer kan word en 'n groter trefafstand het. Die plofkoppe is tegnologies ook verder ontwikkel, en die belangrikste variant is die MRV's (Multiple Reentry Vehicles), 'n plofkop wat 'n aantal kernbomme binne-in het. Gedurende die missiel se eindfase versprei die plofkop die bomme oor 'n groot gebied, wat beteken dat een missiel 'n aantal kernbomme op een slag op verskillende plekke kan werp.

'n Verdere modernisering van die konsep is die MIRV's (Multiple Independently-targeted Re-entry Vehicles), wat inhou dat elke bom op 'n vooraf bepaalde maar verskillende teiken gerig kan word. Een aanvallende missiel kan met ander woorde vooraf bepaalde stede oor 'n groot gebied vernietig. In teorie beteken dit dat een Russiese SS-17-missiel die stede Washington DC, Baltimore, Philadelphia en New York kan verwoes. Die stelsels is onlangs aangepas sodat elke inkomende bom doelsoekend is. Hulle word Maneuverable Re-entry Vehicles genoem (afkorting: MSRV, ter onderskeiding van MRV).

Die inkomende bomme is versterk sodat hulle bestand is teen ABM's (Anti-Ballistiese Missiele) en kan ook die verdedigende stelsels met 'n aantal foptegnieke probeer verwar. Die MIRV's bied twee militêre voordele: Die kernbomme het 'n beter kans om deur verdedigingstelsels te kom omdat die stelsels skielik deur 'n groot aantal vinnigbewegende voorwerpe oorval word. Die dodelikheid van een missiel word ook verhoog.

Een van die grootste gevare verbonde aan MIRV's, is dat geen doeltreffende wapenbeperkingmaatre?l toegepas kan word nie: Daar kan vasgestel word hoeveel missiele die teenstanders het deur spioenasie-satellietfoto's te analiseer, maar die foto's kan nie 'n aanduiding gee van die getal kernbomme in die plofkop nie. Die modernste missiele in die Amerikaanse arsenaal is die Minuteman 111-interkontinentale ballistiese missiel en die klas is met MIRV's toegerus.

Aan die ultramoderne MX-stelsel word op die oomblik nog gewerk. Daar kan slegs gespekuleer word oor die gehalte van die Sowjetmissieltegnologie, maar kenners meen dat die wapens kragtiger en akkurater is as die van die VSA en dat die land 'n groter voorraad daarvan as die VSA het. Die VSA het gedurende die sewentigerjare sy strategiese voorsprong ten opsigte van missieltegnologie (en wat getalle betref) verloor. Rusland het ook 'n baie groter aantal tussen- en middelafstand-ballistiese missiele as die VSA.

Die Verenigde Koninkryk het sy eie tussenafstandmissiel, die Blue Streak, ontwikkel, maar die verdere ontwikkeling is weens stygende koste gekanselleer. Frankryk het met sy SSBS-program 'n klein arsenaal opgebou en die missielstelsel het 'n trefafstand van 3 500 km. Baie min is oor die stelsels van die Volksrepubliek China bekend, maar daar word vermoed dat hulle missiele Moskou sal kan tref omdat Rusland van sy eie ABM-(anti-ballistiese missiel) verdedigingstelsels geherrangskik het om ook dekking teen 'n moontlike aanval uit die rigting van China te gee. Die meeste ballistiese missiele wat landbasisse het, word in versterkte ondergrondse silo's (berg-en-Ianseerskagte) in gereedheid gehou.

Omdat die moderne missiele 'n baie klein CEP het, is die missiele selfs in die versterkte silo's baie kwesbaar. 'n Moondheid kan vandag nie meer seker wees daarvan dat hy 'n teenaanval na 'n kernbomaanval sal kan loods nie, want die moontlikheid bestaan dat al sy eie missiele totaal vernietig kan wees. Om die probleem te oorkom, is kernaangedrewe duikbote ontwikkel wat ballistiese missiele kan dra, want dit is baie moeilik om hulle op te spoor en dan te vernietig. Die bestaan van hierdie duikbote waarborg dus 'n teenaanval, en dit kan 'n vyandelike moondheid afskrik daarvan om eerste 'n aanval te loods.

Die Amerikaanse Vloot het die eerste kernaangedrewe duikbote wat ballistiese missiele kon dra en lanseer, gebruik. Die duikboot USS George Washington het die era ingelui en was toegerus met Polaris-missiele wat een kernplofkop kon dra. Die Polaris-missiele is voortdurend gemoderniseer en het uiteindelik tot die Polaris A3 ontwikkel. Dit het 'n trefafstand van 4 600 km en is vandag nog in gebruik. Die Polaris-missiele is mettertyd vervang deur die Poseidon-missiele, wat 'n MIRV met 10 kernbomme van 50 kiloton elk asook 'n aantal teenmaatre?lmeganismes dra.

Voordat ballistiese missiele 'n praktiese moontlikheid was, is daar in die vyftigerjare in strategiese aanvalsbehoeftes voorsien deur kruismissiele te ontwikkel. Die destydse Fi 103 se tegnologie is as uitgangspunt gebruik. Kruisermissiele is nie vuurpyle nie, maar eerder onbemande vliegtuie wat sogenaamde lugademende motore gebruik om dit deurgaans aan te dryf en nie slegs vir 'n gedeelte van hul vlug nie, soos in die geval van ballistiese missiele. Hulle kan ook - anders as ballistiese missiele wat 'n vaste baan volg - gedurende die vlug van snelheid en rigting verander.

Na die Tweede Wêreldoorlog het die VSA aanvanklik baie aandag aan kruisermissiele bestee, en dit het in 1954 tot die ontwikkeling van die Matador, met 'n trefafstand van 800 km, gelei. Daarna het die Snark en die uiters gevorderde Navaho, albei met 'n trefafstand van 10 000 km, gevolg. Al hierdie missiele kon een kernbom dra op sendings wat selfs vandag nog in vergelyking met die van moderne kruisermissiele as kompleks beskou sou word. Die projekte is egter gekanselleer toe die klem en aandag in die begin van die sestigerjare na die ontwikkeling van ballistiese missiele verskuif het, en die ontwikkeling van kruisermissiele verwaarloos is.

Die enigste missiel wat in die tydperk ontwikkel is en wat nog in gebruik is, is die luggelanseerde Hounddog. Ander lande het ook kruismissiele ontwikkel, byvoorbeeld die Britse Bloodhound ('n lugafweermissiel) en die Sowjetunie se luggelanseerde Kipper. Gedurende die sestigerjare het die Sowjetunie voortgegaan om kruisermissiele te bou en te ontwikkel, en 'n voorsprong bo die Weste is sodoende spoedig opgebou. Hulle magte was toegerus met die Kangaroo, 'n luggelanseerde missiel met 'n trefafstand van 700 km, asook oppervlak-tot-oppervlakmissiele soos die Shaddok en ook die Styx, waarmee Egiptiese aanvalstuie die Israeliese torpedojaer Eilat in die Sesdaagse Oorlog gekelder het.

'n Latere ontwikkeling van die Styx, die SS-N-11, word nou algemeen in die Russies Vloot gebruik. Gedurende die sewentigerjare het die Westerse moondhede hernieude belangstelling in die gebruik van kruismissiele getoon, omdat nuwe tegnologiese ontwikkelings die kruisermissiel 'n baie doeltreffende wapen gemaak het. Aanvanklik het die VSA baie aandag aan luggelanseerde kruisermissiele soos die Tomahawk, 'n baie doeltreffende missiel, gegee.

Destyds is die Sowjet-vloot se tegnologiese voorsprong ingehaal en nuwe missiele, soos die Frans-ltaliaanse Otomat en die Amerikaanse Harpoon, was hierna doeltreffender as hulle Sowjet-soortgenote. Die twee magsblokke, die Warskou-verdragslande en NAVO, het kruisermissiele in gebruik wat van die grond, lug of see gelanseer kan word en hul teikens akkuraat kan vind. Omdat die meeste kruismissiele se reikafstand tot 800 km beperk is, word hulle as taktiese missiele beskou, maar word in hierdie artikel saam met strategiese missiele geklassifiseer op grond van hulle oorsprong en die tegnologiese ontwikkelings wat 'n nuwe klas strategiese kruisermissiele tot stand gebring het.

Verstommende nuwe ontwikkelings in die tegnologie met betrekking tot die navigasie-, aandrywings- en geleidingseenhede, het die ontwikkeling van langafstandkruisermissiele moontlik gemaak. Die nuwe klas missiele het 'n vermo? wat met die van tussenafstandballistiese missiele vergelykbaar is. Hulle geniet die voordeel van baie gesofistikeerde geleidingstelsels, wat dit vir die missiel moontlik maak om baie laag - ongeveer 200 m hoog - te vlieg, en om hindernisse en lugafweerstellings te vermy deur om hulle te vlieg en steeds die teiken te bereik.

Hierdie vermo? maak dit 'n gedugte wapen. Die navigasiestelsel is so akkuraat dat die missiele se CEP kleiner is as die van baie interkontinentale ballistiese missiele. Hulle is ook heelwat goedkoper om te vervaardig en in stand te hou as ballistiese missiele, maar omdat hulle relatief stadig vlieg, kan hulle opgespoor en vernietig word. Onderskepping kan vermy word omdat die missiele die vermo? het om elektroniese teenmaatre?lapparaat te dra, en dit kan vyandelike opsporingsmaatre?ls bemoeilik.

Taktiese missiele

[wysig | wysig bron]

Taktiese missiele het gewoonlik 'n kort reikafstand en hulle plofkoppe kan konvensionele plofstof, laeleweringkernwapens, chemiese en biologiese plofkoppe dra. Hulle word deur vegtende magte op die slagveld gebruik, en het nie ten doel om, soos strategiese wapens, as afskrikmiddel te dien nie. Altesaam vier basiese kategorie? taktiese missiele kan onderskei word:

- Missiele wat van die grond af gevuur word om grondteikens aan te val: die oppervlak-tot-oppervlak-missiele (afkorting: SSM, vir Surface tot Surface Missiles).

- Missiele wat van die oppervlak na lugteikens gevuur word (afkorting: SAM, vir Surface tot Air Missiles).

- Missiele wat van die lug na die oppervlak gevuur word (afkorting: ASM, vir Air to Surface Missiles).

- Missiele wat in die lug van een vliegtuig na 'n ander gevuur word (afkorting: AAM, vir Air to Air Missiles). (Sowel see as grond word in hierdie verband deur die woord oppervlak omvat. Skip-tot-skipmissiele word met ander woorde as oppervlak-tot-oppervlakmissiele beskou. Die kategorie? word slegs gerieflikheidshalwe gebruik, omdat van die missiele verskillende lanseerplatforms gebruik. Die Exocet word byvoorbeeld as ASM of SSM gebruik.)

Grond-tot-grondmissiele

[wysig | wysig bron]

Ongeleide SSM's is op groot skaal in die Tweede Wêreldoorlog gebruik. Die bekendstes is die Duitse Nebelwerfer en die Sowjetunie se Katyusha (ander name Stalin-orrel of Rooi Oog). Albei tipes is as artillerie gebruik om met hulle vuurpyle 'n groot oppervlakte met plofstof te besaai. Ander bekende tipes wat op die slagveld gebruik is, is die Duitse Panzerfaust en Panzerschreck en die Amerikaanse Bazooka.

Eersgenoemde twee se invloed kan vandag nog in die ontwerp van die Sowjetunie se RPG-2- en RPG-7-reeks gemerk word. Die Amerikaners het ook die Calliope gebruik, 'n vuurpyl met 'n kaliber van 100 mm, waarvan 60 op 'n slag van 'n Sherman-tenk afgevuur kon word. Die Britse vloot het soortgelyke vuurpyle gebruik om landteikens van skepe af te bombardeer voordat 'n infanterielanding plaasgevind het. Nie een was egter doelsoekende of geleide vuurpyle nie.

Hulle is soos kanonkoe?ls gevuur in 'n poging om 'n teiken direk te tref. Tot in die sestigerjare het le?rs die konsep toegepas, en die gesofistikeerdste ontwikkeling hiervan word deur die Amerikaanse Honest John (? missiel met 'n reikafstand van 35 km wat konvensionele of kernplofkoppe dra) en die Sowjetunie se Frog, ook 'n missiel wat konvensionele of kernplofkoppe tot 25 km ver kan werp, verteenwoordig. Kortafstand- ballistiese missiele word as taktiese SSM's beskou.

Vuurpyle soos die Amerikaanse Lance, met 'n reikafstand van 100 km, die Sergeant, met 'n reikafstand van 150 km, en die Pershing, met 'n reikafstand van 200 tot 800 km, is missiele met inersiegeleiding, maar is bedoel om taktiese ondersteuning aan grondmagte te gee. Hulle doen dit deur laeleweringkernbomme of neutronbomme op teikens te werp. 'n SSM wat reeds in 'n oorlog gebruik is, is die Sowjetunie se Scud, waarmee Egipte die Israeliese grondteikens gedurende die Jom Kippoeroorlog aangeval het.

'n Afsonderlike subklas missiele het ontstaan om vyandelike gepantserde voertuie mee uit te skakel. Hierdie missiele is feitlik almal met behulp van draadjies, of in die geval van nuwe missiele met laser, op die teikens gerig. Die doeltreffendheid van die missiele is in veral die oorlo? in die Midde-Ooste en Vi?tnam bewys. Die bekendste draadgeleide missiele is die Amerikaanse TOW, wat ook van helikopters gevuur kan word, die Sowjetunie se Sagger en Swatter, die Britse Vigilant, die Duitse Cobra en die Franse SS 11.

By nuwe ontwikkelings word van optiese straalgeleiding gebruik gemaak, byvoorbeeld die Shillelagh, 'n Amerikaanse missiel wat uit 'n kanon gevuur word, of die meer moderne Copperhead, wat met behulp van laser gerig word. SSM's raak 'n groot deel van moderne oorlogskepe se bewapening uit. Die Israeliese vloot het gedurende die Jom Kippoeroorlog nege Egiptiese en Siriese vaartuie met hulle Gabriel-missiel gekelder. Hierdie missiel is sedertdien aan die Suid-Afrikaanse Vloot gelewer. Die Exocet, oorspronklik 'n skip-tot-skip-wapen, is in die Falkland-oorlog met welslae as 'n ASM gebruik.

Grond-tot-Iugmissiele

[wysig | wysig bron]

Grond-tot-lugmissiele word gebruik as verdedigingswapen teen vliegtuie wat te hoog vlieg om deur grondvuur - wat kanonvuur en masjiengeweervuur insluit – getref te word. Moderne missiele het nou ook die potensiaal om laagvlie?nde vliegtuie te tref, en daarom vorm die wapens vandag die belangrikste komponent van enige lugafweerstelsel.

Die ontwikkeling van SAM's het gedurende die Tweede Wêreldoorlog begin toe die Geallieerde Magte en die Spilmoondhede geprobeer het om hulle lugafweervermo? te vergroot. AI die pogings was onsuksesvol, met uitsondering van die gevorderde Duitse Wasserfallstelsel wat egter nie operasioneel gebruik is nie. Na die Tweede Wêreldoorlog het die groot moondhede baie aandag aan SAM's gegee. Die VSA het in die vyftigerjare die Nike-Ajax-, die Nike-Hercules-, asook die skipgelanseerde Talos-, Tartar- en Terrier-missielstelsel in gebruik geneem.

Die stelsels is verbeter en gemoderniseer tot die weergawe wat vandag standaardtoerusting op Amerikaanse skepe is, naamlik die Standard. Sommige AAM's is ook aangepas vir gebruik as SAM's op skepe. Voorbeelde hiervan is die Sea-Sparrow en die baie doeltreffende Sea-Phoenix. Die mode met Amerikaanse SAM's is die Hawk-, die Chaparral- en die Mauler-stelsel, maar hulle is duur en gesofistikeerd. Die Redeye-stelsel is ontwerp om voetsoldate teen aanvallende vliegtuie te beskerm.

Redeye is 'n hittesoekende missiel wat van 'n infanteris se skouer gevuur word en dan self op die teiken aanpeil. Die SA-7 (Grail) van die Sowjetunie maak van dieselfde konsep gebruik. Die Russe het 'n baie doeltreffende lugafweerstelsel ontwerp, wat veral in die Vi?tnamese Oorlog en die Jom Kippoeroorlog gewys het wat in hom steek. Die bekendste missiele in die arsenaal is die SA-2 (Guideline), SA-3 (Goa), SA-4 (Ganef) en die SA-6 (Gainful). Israel kon doeltreffende teenmaatre?ls teen SA-2- en SA-3-missiele toe pas, maar 'n groot aantal jagbomwerpers is deur die SA-6-missiele afgeskiet.

Gedurende die sewentigerjare het Westerse lugmagte groot ontsag vir hierdie missiele gehad. Siri? se ontplooiing van die missiele in die Bekaavallei in 1982 het 'n diplomatieke krisis laat ontstaan omdat die missiele so 'n groot gevaar vir die Israeliese lugmag ingehou het. (Die uitwissing van die missiele deur Israel later daardie jaar is met groot verligting deur die Westerse moondhede beskou as 'n demonstrasie van die voorsprong wat Westerse tegnologie het.)

? Nuwe missiel, die SA-9 (Gaskin), is waarskynlik in die Persiese Golfoorlog tussen Iran en Irak deur albei lande gebruik. Britse missiel tegnologie is in die Falkland-oorlog as baie gevorderd bewys en met Seadart- en Seacat-SAM's is letterlik tientalle aanvallende Argentynse vliegtuie afgeskiet. Hoewel hulle nog nie in gevegte getoets is nie, is ander Europese missiele soos die Franse Roland, asook die Croatale / Cactus, wat deur Suid-Afrika gebruik word, baie doeltreffend.

Lug-tot-grondmissiele

[wysig | wysig bron]

Lug-tot-grondmissiele is reeds intensief in die Tweede Wêreldoorlog gebruik, as geleide missiele en as ongeleide missiele. Grondaanvalsvliegtuie van die Britse Lugmag (RAF) se Tweede Taktiese Lugmag en die Amerikaanse Vyfde Lugmag het na die inval in Normandi? die Duitse grondmagte gevoelige slae toegedien deur ongeleide vuurpyle te gebruik. Na die Tweede Wêreldoorlog is die klem by die ontwikkeling van geleide missiele op die vergroting van die reikafstand gele?. Die ontwikkeling word gedemonstreer deur die reikafstand van missiele soos die Amerikaanse Rascal (180 km) en die latere Britse Blue Steel (900 km).

Die koms van die ballistiese missiele, wat die probleem van reikafstand doeltreffend opgelos het, het 'n klemverskuiwing laat plaasvind na die ontwikkeling van werklik doeltreffende kortafstand- taktiese missiele. Die missiele is met dodelike gevolge in die oorlo? van die sestiger-, sewentiger- en tagtigerjare gebruik.

Die Amerikaanse Bullpup-missiel is in Vi?tnam, die Jom Kippoeroorlog en in die Libanon-konflik gebruik. Die Shrike-missiel is in die oorlo? as anti-SAM's gebruik, aangesien dit die radaruitstralings van SA-2- en SA-3-missiele se geleidingstelle kon volg en die missiele op hulle lanseerplatforms kon vernietig. Die Standard- en Maverick-missiel is ook in Vi?tnam en die Jom Kippoeroorlog gebruik om klein, belangrike teikens met groot akkuraatheid aan te val.

Frankryk beskik oor gevorderde ASM-tegnologie en het onder meer die Martel- en AS-tipe missiele ontwerp. Frankryk se bekendste missiel is egter die ASM-weergawe van die AM 39 Exocet, wat deur Argentynse Dassault Super Etendard-vegters gelanseer is om HMS Sheffield te kelder. Min is omtrent die Sowjetunie se ASM's bekend, maar die Kelt is as doeltreffend bewys. Swede het 'n gesofistikeerde RB 05-ASM ontwikkel, wat deur die SAAB AJ 37 Viggen afgevuur kan word.

Lug-tot-lugmissiel

[wysig | wysig bron]

Die eerste suksesvolle lug-tot-lugmissiele is operasioneel deur Duitsland in die Tweede Wêreldoorlog gebruik. Messerschmitt Me 262 A-straaljagters het byvoorbeeld ongeveer 40 bomwerpers van die Geallieerde Magte met die ongeleide lug-tot-lugmissiele afgeskiet. 'n Radiogeleide missiel, die Hs 298, is met welslae ontwikkel, maar die verdere ontwikkeling daarvan is in 1944 gestaak. 'n Meer gesofistikeerde geleide missiel, die X-4, is in Duitsland ontwikkel, maar was nie voor die einde van die oorlog vir operasionele gebruik gereed nie. Die missiel is met behulp van draadjies tot by sy teiken gelei.

Die welslae van dié missiel het bewys dat lug-tot-lugmissiele 'n praktiese konsep is en dat die gebruik van draadjies as geleidingsmiddel heeltemal teen teenmaatre?ls bestand is. Ná die Tweede Wêreldoorlog is baie aandag aan die ontwerp van lug-tot-lugmissiele gegee. Soveel klem is op die vermo?ns van die missiele gelê dat 'n generasie jagters net met missiele bewapen is en geen kanonbewapening gehad het nie. Die filosofie is gedurende die Vi?tnamese oorlog as 'n fout bewys toe missiele nie so betroubaar blyk te gewees nie.

Talle Amerikaanse vegters het hulle gedurende luggevegte in die posisie bevind dat al hulle missiele gelanseer is en hulle geen ander wapens gehad het om mee terug te veg nie. Sedertdien het straaljagters weer 'n kanonbewapening bykomend tot missiele gekry, veral nadat die Israeli's die doeltreffendheid van die wapen in moderne lugoorlogvoering gedurende die Sesdaagse Oorlog bewys het. Lug-tot-lugmissiele is nogtans die belangrikste komponent van 'n hedendaagse vliegtuig se bewapening, omdat dit as 'n wapenstelsel baie meer buigsaam is as kanonne. Lug-tot-lugmissiele is vir die eerste keer op grootskaal in die Sesdaagse Oorlog gebruik en daarna in die twee Indo-Pakistaniese oorlo?.

Die VSA se ervaring met lug-tot-lugmissiele in luggevegte oor Noord-Vi?tnam het die beperkinge van lug-tot-lugmissiele duidelik aan die lig gebring. Toe die Jom Kippoeroorlog in 1973 uitbreek, was die meeste tekortkominge reeds oorbrug, en het Israel die Sparrow- en Sidewinder-missiele, wat deur die VSA verskaf is, met goeie resultate gebruik. AI hierdie konflikte het ook getoon dat die Sowjetunie se missieltegnologie beslis nie swak met dié van die Weste vergelyk nie - veral nie as die welslae van Egiptiese vlie?niers met Sowjet-vliegtuie en -missiele in 1973 in ag geneem word nie.

Amerikaanse Grumman F-14 Tomcat-jagters het twee Siriese Sukhoi's in 1981 afgeskiet deur vermoedelik Sparrow-missiele te gebruik. Britse Sea Harrier-jagters het 'n aantal Argentynse vliegtuie in luggevegte met gemoderniseerde Sidewinders afgeskiet. Die Israeliese Lugmag het die Siriese Lugmag vernederend verslaan met F15-Eagle-, F16- Fighting Falcon- en Kfir-jagters wat met Amerikaanse en Israeliese missiele toegerus was. Die Siriese Lugmag het op sy beurt weer die modernste Sowjettoerusting, soos die MiG-23 Flogger, gehad.

Die algemeenste Amerikaanse lug-tot-lugmissiele is die Sparrow, Sidewinder, Super Falcon en die uiters gevorderde Phoenix. Die Britte gebruik, afgesien van die Amerikaanse missiele, hul eie Red Top, terwyl Frankryk die Super 530 en die R550 Magic ontwerp het. Laasgenoemde is aan die Suid-Afrikaanse Lugmag verskaf om die Dassault Mirage F1's mee te bewapen. Suid-Afrika het vermoedelik ook 'n hittesoekende missiel, Whiplash, ontwikkel, wat daartoe instaat is om supersoniese teikens te onderskep en te vernietig.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 "missile, n. and adj.". OED Online. Oxford: Oxford University Press. 2021. Besoek op 17 Maart 2021. 2.a. 'n voorwerp wat met die hand of meganies aangedryf word as 'n wapen na 'n teiken. [Usage citation: Maurice Leitch (1981). Silver's city. London: Secker & Warburg. ISBN 0436244136 – 'Toe tref iets hom, 'n klip; dit val voor sy voete, en binne 'n oomblik is die lug gevul met missiele, wat hoog buig om op die pad om hom te land.'].
    b. Militêre. 'n Wapen oor lang afstande wat selfaangedrewe is, óf deur middel van afstandsbediening óf outomaties gerig word, gedurende 'n deel of die hele vlug.

Bronnelys

[wysig | wysig bron]
喝什么茶可以减肥 伊朗是什么教派 今年属于什么年 百思不得其解是什么意思 脚踝疼是什么原因
滑膜炎用什么膏药好 宝宝吃什么辅食最好 眼睛发炎吃什么消炎药 什么叫阴吹 脚后跟骨头疼是什么原因
介入科是什么科室 bw是什么意思 回族为什么不能吃猪肉 细菌性阴道炎用什么洗液 吃什么东西增强免疫力
躯体化什么意思 猪八戒的老婆叫什么 解酒喝什么好 杞人忧天告诉我们什么道理 恶风是什么意思
什么是什么xscnpatent.com 渗透率是什么意思jiuxinfghf.com 什么地睡觉xinjiangjialails.com 左氧氟沙星的功效是什么hcv8jop7ns1r.cn 氨基酸是什么hcv8jop0ns1r.cn
行房出血是什么原因hcv8jop5ns2r.cn 市公安局长什么级别hcv8jop8ns6r.cn 孩子晚上睡觉磨牙是什么原因hcv9jop6ns9r.cn 眼发花是什么病的征兆xianpinbao.com 正月二十是什么星座hcv8jop7ns2r.cn
肠绞痛吃什么药hcv8jop5ns0r.cn 流鼻涕打喷嚏吃什么药shenchushe.com evisu是什么牌子hcv9jop1ns2r.cn 醋酸是什么面料hcv9jop0ns5r.cn 月经量少是什么原因hcv9jop3ns2r.cn
许嵩为什么叫vaehcv9jop8ns2r.cn 昆明有什么好玩的hcv9jop6ns2r.cn 蓝矾对人有什么危害hcv9jop7ns0r.cn 喝三七粉有什么好处hcv7jop6ns2r.cn 来大姨妈吃什么对身体好hcv7jop6ns2r.cn
百度