牡丹花什么季节开| 睡觉翻白眼是什么原因| 骨头炖什么好吃| 今日属相是什么生肖| 婢女是什么意思| 怀女儿有什么症状| 身上红痣多是什么原因| 头疼是什么原因引起| 勃起不够硬吃什么药| 势不可挡是什么意思| 血管造影检查什么| 一个火一个日一个立念什么| 什么叫腺瘤| 丑指什么生肖| 本命年红内衣什么时候穿| 加德纳菌阳性是什么意思| 西五行属什么| 打完狂犬疫苗不能吃什么| 官方翻新机是什么意思| 市长是什么级别| 脊柱侧弯有什么危害| mup是什么意思| 生活补贴是什么意思| 暴毙是什么意思| 肉桂是什么茶| 手机暂停服务是什么意思| 方脸适合什么耳环| dr是什么意思| oba是什么意思| 爷爷和孙子是什么关系| 没有美瞳护理液用什么代替| 米面是什么| 稠是什么意思| 魏大勋和李沁什么关系| 通灵是什么意思| 为什么夏天吃姜好| 梦见开车是什么意思| 吃什么拉什么完全不能消化怎么办| 野馄饨是什么意思| 电饭锅内胆是什么材质| 夜盲症是什么| 陪跑什么意思| 纵隔肿瘤是什么病| 吃什么补硒| 梦到前夫什么意思| 猜忌是什么意思| 芙蓉是什么意思| 食物中毒有什么症状| 为什么泡完脚后非常痒| 荨麻疹去药店买什么药| 降噪是什么意思| 仰卧起坐是什么现象| 素女经是什么| 睡眠不好吃什么药最有效| hpv73阳性是什么意思| 劣迹斑斑是什么意思| 脚气涂什么药膏| 2008年属什么生肖| 吃李子有什么好处| 宝宝低烧是什么原因引起的| 大便恶臭是什么原因| 右侧附件区囊性回声是什么意思| pcl是什么意思| 45年属什么生肖| 卡帝乐鳄鱼什么档次| 月经期间适合吃什么| 聪明的动物是什么生肖| 鱼缸为什么不能送人| 锁骨是什么位置| 日语斯国一是什么意思| 以什么为准| 什么是平年什么是闰年| 野字五行属什么| 打完狂犬疫苗不能吃什么| 一级法官是什么级别| 长鸡眼是什么原因| 手抽筋是什么病的前兆| 苏打水什么牌子的好| 两眼中间的位置叫什么| 板带是什么| 克罗恩病有什么症状| 脂蛋白a高吃什么能降下来| 发烧适合吃什么水果| 刘强东属什么生肖| 生活是什么| peak是什么牌子| 认命是什么意思| 最近老坏东西暗示什么| 胃胀消化不好吃什么药| 摩罗丹主要治什么胃病| 什么水果对肠胃好| 巴基斯坦讲什么语言| 羊绒和羊毛有什么区别| 5月20日是什么日子| 八八年属什么生肖| 什么情况下需要做心脏造影| 头皮癣用什么药膏最好| 狗是什么时辰| tvoc是什么| 尿里红细胞高什么原因| 淋球菌是什么| 生地黄是什么| 猪血炒什么好吃| 混不吝是什么意思| 脂肪肝什么症状| 五月十四号是什么情人节| 不羁放纵是什么意思| 卖萌什么意思| 什么的摇篮| 阑尾炎吃什么药见效快| 欧诗漫是个什么档次| 后背沉重感是什么原因引起的| 吃什么药马上硬起来| 头总是昏昏沉沉的是什么原因| 卷心菜是什么菜| 3月2日什么星座| 小麦粉可以做什么| 8月21日是什么星座| 脖子长痘是什么原因引起的| 手掌像什么| 口舌是非是什么意思| 文胸是什么| 药店加盟需要什么条件| 绿豆和什么相克| 什么运动长高最快| 头皮屑多的原因是什么| 880什么意思| 压片糖果是什么意思| 与什么俱什么| 晚上十二点是什么时辰| 朕是什么时候开始用的| 肾阴虚吃什么食物| 乳房有溢液是什么原因| 伊维菌素是什么药| 排湿气吃什么药效果好| 痰湿中阻吃什么中成药| 糖尿病患者可以吃什么水果| 高血脂是什么意思| 心经是什么意思| 收缩压是什么| 什么是燕麦| 挂妇科门诊都检查什么| 章鱼属于什么类动物| 什么时候开始孕吐| 莲花是什么生肖| 吃什么补心| 乖乖是什么意思| 黄雀是什么鸟| 尿液发黄什么原因| 什么不同成语| 上眼皮肿了是什么原因| jerry英文名什么意思| 五色土有什么风水作用| 咳血鲜红是什么病呢| 汀是什么意思| 溃疡是什么| 就此别过是什么意思| 4.26是什么星座| 美国为什么不敢打朝鲜| 考试前紧张吃什么药最好能缓解| 什么玉好| 化疗后白细胞低吃什么补得快| 心慌出虚汗是什么原因| 生肖蛇和什么生肖相冲| 骨龄是什么| 火牛命五行缺什么| 欧根纱是什么面料| 澍在人名中读什么| 高锰酸钾是什么东西| 梦见大胖小子是什么意思| 为什么会有阴虱子| 子欲养而亲不待什么意思| 越南人说什么语言| 避重就轻什么意思| 耳垂后面疼是什么原因| 便秘吃什么菜有助排便| 老年人吃什么钙片好| 器质性病变是什么意思| 皮肤疖是什么病| 脊柱侧弯有什么症状| 扁桃体发炎吃什么好得快| 北京的市花是什么| 斜视是什么原因导致的| 夏至是什么| 看手指甲挂什么科室| 真命题是什么意思| tg是什么| 寿辰是什么意思| 五十坐地能吸土是什么意思| 男生圆脸适合什么发型| 体雕是什么| 卵泡刺激素是什么意思| 13年属什么生肖| 倾倒是什么意思| rhd阳性是什么意思| 牙痛不能吃什么东西| 手汗脚汗多是什么原因| 观音菩萨属什么生肖| 83年猪是什么命| 肛门长期瘙痒是什么原因| 马齿苋吃了有什么好处| 贵人相助是什么意思| 鬼斧神工是什么意思| 海笋是什么东西| 粉刺用什么药膏最有效| 格色是什么意思| 姨妈安全期是什么时候| 颈椎应该挂什么科| 守岁是什么意思| 聪明绝顶是什么意思| 虚心接受是什么意思| 为什么冬天会下雪| 控销药品什么意思| 谛听是什么意思| 身上长痘痘是什么原因| 武松是什么生肖| 雪貂吃什么| 头发轻轻一拉就掉了是什么原因| 为什么会得人乳头瘤病毒| 伟哥是什么意思| 膝盖疼吃什么药好| 手足口病咳嗽吃什么药| 头发稀少是什么原因| 大便的颜色代表什么| 甲虫吃什么| 什么零食热量低有利于减肥| 声色什么| 孕妇吃冰的东西对胎儿有什么影响| 什么什么为什么| 女性为什么会感染巨细胞病毒| 女人为什么会叫| 吸烟人吃什么清肺最快| hpv81阳性是什么意思| 发扬什么精神| 阴囊是什么部位| 什么都不做| 双子座是什么象| 湿疹挂什么科| 什么是双性人| 晟怎么读什么意思| 斤加一笔是什么字| 乖戾是什么意思| 不遗余力的遗是什么意思| 11.10是什么星座| 一到晚上就咳嗽是什么原因| 经常晕倒是什么原因引起的| 陈晓和赵丽颖为什么分手| 内痔吃什么药| 恐龙什么时候灭绝的| 三月十六是什么星座| 天月二德是什么意思| 时点是什么意思| 吃什么子宫肌瘤会消除| 方解石玉是什么玉| 尿液中有白色沉淀物是什么原因| 三朵花代表什么意思| 头疼什么原因| 吃什么对脑血管好| 鬼畜什么意思| 高育良什么级别| 616是什么意思| eob是什么意思| 大姨妈来了两天就没了什么原因| 胃饱胀是什么原因| 百度Gaan na inhoud

杨秀萍秘书长会见澳门贸易投资促进局主席张祖辉

Ko?rdinate: 40°42′N 74°00′W / 40.700°N 74.000°W / 40.700; -74.000
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf New York Stad)
Hierdie artikel handel oor die stad New York. Vir die gelyknamige deelstaat, sien gerus New York (deelstaat), en vir ander gebruike New York (dubbelsinnig).
Stad New York 百度 此外,中国人多地少开发矛盾突出的自然属性和社会经济结构剧烈转型的社会属性的叠加背景,半城市化地区发展面临的土地集约利用、地域属性多元、单元功能混合、空间市场化开发以及项目干系人利益重合和冲突等态势,都对城乡规划提出了挑战,这些因素都必须在规划中予以充分考虑。

Se?l Vlag
Se?l van New York
Se?l van New York
Vlag van New York
Vlag van New York
Basiese gegewens
Stigting: 1614
Land: Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Deelstaat: New York
Distrikte: The Bronx
New York (Manhattan)
Queens
Kings (Brooklyn)
Richmond (Staten-eiland)
Ko?rdinate: 40°42′N 74°00′W / 40.700°N 74.000°W / 40.700; -74.000
Tydsone: UTC -5 (OST)
Somertyd: UTC -4 (ODT)

Ligging in die deelstaat New York

Die 5 boroughs van New York:
(1) Manhattan,
(2) Brooklyn,
(3) Queens,
(4) The Bronx,
(5) Staten-eiland
Bevolking:
– Metropolitaanse gebied:
8 175 133 (2010-sensus)[1]
18,7 miljoen[2]
Bevolkingsdigtheid:
– Metropolitaanse gebied:
10 630 inwoners / km2
824 inwoners / km2
Hoogte bo seevlak: 6 m
Oppervlakte: 1 213 km2
waarvan 784 km2 land
Administrasie: 5 stadswyke
Poskodes (zip codes): 10001-10292
Skakelkode: 212
Amptelike webwerf: www.nyc.gov
Politiek
Burgemeester: Eric Adams (Demokratiese Party)
Satellietbeeld

New York (Engels: [nu??j??k ?s??i], ) of Nieu-York, amptelik Stad New York (City of New York) en dikwels New York Stad (New York City, [nu??j??k]) genoem, gele? in die deelstaat New York, is die stad met die grootste bevolking in die Verenigde State. Dit is ook die digsbevolkte van die groter stede in Noord-Amerika.

New York het ook in die tydperk van die groot weswaartse migrasie sy status as grootste stedelike nedersetting in die VSA gehandhaaf

Die stad is 'n sentrum vir internasionale handel, politiek, vermaaklikheid, en kultuur, en is een van die wêreld se groot globale stede (saam met Londen, Tokio en Parys). Die stad beskik oor 'n versameling van museums, kunsgalerye, teaters, mediaondernemings, internasionale organisasies en korporasies, en effektebeurse. Die stad is ook die tuiste van die Verenigde Nasies, tesame met al die internasionale takke wat daarmee geassosieer word.

New York het 'n bevolking van 8,55 miljoen in 'n area van ongeveer 800 km2. Dit is gele? in die hart van die New Yorkse Metropolitaanse Gebied, wat met 'n bevolking van ongeveer 22 miljoen een van die grootste stedelike konglomerasies ter wêreld vorm. Die stad beskik oor vyf boroughs: The Bronx, Brooklyn, Manhattan, Queens en Staten-eiland. Elkeen van hierdie boroughs, behalwe vir Staten-eiland, bevat oor 'n miljoen inwoners en sou elkeen as een van die VSA se grootste stede gesien word, indien elkeen afsonderlik in ag geneem word.

New York lok groot getalle immigrante van oor die 180 lande, sowel as groot getalle migrante van dwarsoor die VSA, wat na die stad kom vir die stad se kultuur, energie, kosmopolitiese karakter, en met die hoop om 'n sukses te wees in die "Big Apple." Die stad word ook beskou as een van die veiligste groot stede in die VSA, ten spyte van sy grootte en bevolkingsdigtheid.

New York dien ook as 'n reuse aandrywer van die wêreld se ekonomie – met 'n geskatte bruto metropolitaanse produk van ongeveer $500 miljard binne die stad se grense. New York is ook die tuiste van meer Fortune 500-maatskappye as enige ander plek in die VSA. As die stad 'n land op sy eie was, sou dit die 17de grootste bruto binnelandse produk in die wêreld gehad het, groter as dié van Switserland ($377 miljard) en amper gelyk aan dié van Rusland ($586 miljard).

Etimologie

[wysig | wysig bron]

In 1664 is New York na die destydse hertog van York genoem (die latere koning Jakobus II van Engeland) genoem.[3] Jakobus se ouer broer, koning Karel II, het hom as eienaar van die voormalige gebied Nieu-Nederland benoem, insluitende die stad Nieu-Amsterdam, toe die Koninkryk van Engeland dit van Nederland oorgeneem het.[4]

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]
Laer Manhattan in 1660, toe dit deel uitgemaak het van Nieu-Amsterdam
Die Vryheidstandbeeld in New York
Boubedrywighede by die Empire State-gebou (1930)
Die Wêreldhandelsentrum in Julie 2001

Toe die gebied van die huidige New York deur die eerste Europe?r, die Italiaanse seevaarder Giovanni da Verrazzano verken is,[5] is dit deur die Lenape-Indiane bewoon. 'n Nederlandse pelshandelspos, wat later Nieuw Amsterdam genoem is, het in 1614 as die eerste Europese nedersetting aan die mees suidelike punt van die skiereiland Manhattan ontstaan. Die koloniale direkteur-generaal Peter Minuit het die skiereiland in 1626 na bewering vir glaskraletjies ter waarde van 24$ van die inheemse Canarsie-stam gekoop.[6]

In 1664 is die Nederlandse kolonie deur die Britte verower, en ter ere van die destydse Britse troonopvolger, die hertog van York en latere koning Jakobus II van Engeland, is die stadnaam verander in New York.

Onder die Britse heerskappy het New York tot 'n belangrike handelshawe ontwikkel. In 1754 het die Columbia-universiteit, tans een van die oudste tersiêre instellings in die VSA, 'n oktrooi van koning George II as King's College in Laer Manhattan gekry. Gedurende die Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog was die stad die toneel van 'n reeks belangrike veldslae, wat later as die New Yorkse Veldtog bekend sou staan.

Die Kontinentale Kongres het in New York vergader, en in 1789 is die eerste President van die Verenigde State, George Washington, in die Federal Hall in Wall-straat ingesweer. New York is op 13 September 1788 tot hoofstad van die Verenigde State verklaar en het tot 1790, toe Philadelphia hierdie funksie oorgeneem het, as die administratiewe sentrum gedien.[7]

Gedurende die 19de eeu is die stad deur grootskaalse immigrasie, 'n visionêre ontwikkelingsplan (die Commissioner's Plan van die jaar 1811, wat die stad se straatrooster oor die hele Manhattan uitgebrei het) en die opening van die Eriekanaal in 1819, wat die Atlantiese seehawe met die groot landboumarkte van die Amerikaanse binneland verbind het, volledig verander. In 1835 het New York die Pennsilvaniese metropool Philadelphia as die grootste stad in die Verenigde State verbygesteek. Die plaaslike politiek het destyds onder die sterk invloed van Ierse immigrante gekom, terwyl welvarende koopmanne en handelaars die stigting van Central Park bevorder het – die eerste landskapstuin in 'n Amerikaanse stad, wat in 1857 geopen is.

Die ontsteltenis van burgers oor die verpligte krygsdiens gedurende die Amerikaanse Burgeroorlog (1861–1865) het aanleiding gegee tot die New Yorkse Dienspligonluste van die jaar 1863, van die ergste onluste in die Amerikaanse geskiedenis.

Die moderne New York is in 1898 deur die insluiting van Brooklyn, Manhattan en munisipaliteite in die ander stadswyke gevorm. Die opening van die nuwe moltreinstelsel (New York City Subway) in 1904 het die samesmelting van die voormalige onafhanklike stede met New York 'n aansienlike hupstoot gegee. New York het in die eerste helfte van die 20ste eeu tot 'n wêreldsentrum van nywerhede, handel en kommunikasie ontwikkel. Die brandramp in die Triangle Shirtwaist-fabriek, wat in 1911 die lewens van 146 werkers ge?is het, was die ergste in die industri?le geskiedenis van New York en het die stigting van die Internasionale Vakbond van Vrouewerkers in die Tekstielbedryf (International Ladies' Garment Workers Union) en verbeterde veiligheidsmaatre?ls in nywerhede bevorder.

Gedurende die twintigerjare was New York 'n belangrike bestemming vir Afro-Amerikaners, wat in die Groot Migrasie vanuit die Suide na die noordelike deelstate verhuis het. In 1916 het die stad oor die grootste stedelike swart bevolking van die VSA beskik. Tydens die Amerikaanse Prohibisie het New York sterk gegroei en sy stadshorison is deur 'n groter aantal wolkekrabbers heeltemal verander. New York het in 1925 Londen as die grootste stad ter wêreld verbygesteek. Die moeilike jare van die Groot Depressie het aanleiding gegee tot die verkiesing van Fiorello LaGuardia, 'n hervorminggesinde politikus.

Terugkerende veterane van die Tweede Wêreldoorlog en immigrante uit Europa het 'n naoorlogse groeitydperk en die oprigting van groot woonstelblokke in die oostelike Queens bevorder. New York het vinnig sy posisie as die wêreld se beduidenste ekonomiese en finansi?le sentrum begin inneem, en Wall-straat het met sy effektebeurs, banke en ander instellings die Verenigde State se ontwikkeling tot die belangrikste ekonomie ter wêreld bevorder. Die hoofkwartier van die Verenigde Nasies, wat in 1952 opgerig is, het die stad se internasionale politieke invloed beklemtoon, terwyl die abstrakte ekspressionisme, 'n kunsstyl wat deur plaaslike kunstenaars oorheers is, van New York die wêreld se kunshoofstad gemaak het.[8]

Nogtans het die agteruitgang van die nywerheidsbedryf, groeiende misdaadsyfers en rasseonluste in die 1960's net soos in ander Amerikaanse stede baie blanke middelklasburgers uit die stad verdryf. In die 1980's het die finansi?le sektor begin herstel en 'n groter belastinginkomste aan die stadsregering verskaf. Rassespannings het in die 1990's net soos misdaad duidelik afgeneem, en 'n nuwe golf immigrante uit Asi? en Latyns-Amerika het hulle in New York gevestig. Nuwe tegnologie? en nywerheidsgebiede soos Silicon Alley het begin ontwikkel. In die Amerikaanse 2000-sensus het New York se bevolking die hoogste vlak ooit bereik.

Die stad is die ergste in die terreuraanvalle van 11 September 2001 getref, toe naastenby 3 000 mense in die twee torings van die Wêreldhandelsentrum gesterf het. Die nuwe Vryheidstoring (Freedom Tower), wat op die perseel opgerig is, is in Julie 2013 voltooi.

Geografie

[wysig | wysig bron]
Die waterwe? van New York Stad: (1) Hudsonrivier, (2) East River, (3) Long Island Sound, (4) Newarkbaai, (5) Opper-New Yorkbaai, (6) Laer-New Yorkbaai, (7) Jamaicabaai, (8) Atlantiese Oseaan

New York lê in die noordoostelike Verenigde State, in die suidooste van die deelstaat New York en halfpad tussen Washington, D.C. (228 myl van New York af) en Boston (217 myl). Sy ligging naby die monding van die Hudsonrivier, wat eers in 'n natuurlike veilige hawe en uiteindelik in die Atlantiese Oseaan uitmond, het die ontwikkeling van die stad as 'n belangrike handelspos bevorder. 'n Groot deel van New York se stadsgebied is op die drie eilande Manhattan, Staten-eiland en die westelike Long Island gele?, en die tekort aan grond het tot 'n ho? bevolkingsdigtheid gelei.

Die Hudsonrivier vloei deur die Hudsonvallei en mond uit in New Yorkbaai. Tussen New York en Albany word die riviermonding reeds deur die getye van die see geraak. Die Hudson dien ook as die grenslyn tussen New York Stad en die deelstaat New Jersey. Die East-rivier (eintlik 'n seestraat wat eweneens deur die getye geraak word) vloei vanuit Long Island Sound en skei The Bronx en Manhattan van Long Island. Die Haarlemrivier, nog 'n seestraat wat deur die getye geraak word en tussen die East- en Hudsonriviere lê, skei Manhattan van The Bronx.

Die landoppervlakte van New York is in die loop van die geskiedenis verskeie kere deur menslike bedrywighede verander, en vanaf die Nederlandse koloniale tydperk is land langs die kuslyne gewen, veral in Laer Manhattan waar in die 1970's en 1980's bouprojekte soos Battery Park City ontstaan het. Sommige van die natuurlike variasies van die plaaslike topografie soos klein heuwels is gelyk gemaak, veral in Manhattan.

Die stad se totale oppervlakte is 468,9 vierkante myl (1 214,4 vierkante kilometer), waarvan 321 vk myl land en 159,88 vk myl water. Die hoogste punt bo seevlak is Todt Hill op Staten-eiland. Met 'n hoogte van 409,8 voet (124,9 meter) is dit ook die hoogste punt langs die Oostelike Kuslyn suid van die deelstaat Maine. Die bergspits se bosgebiede maak deel uit van die Staten Island Greenbelt.

Klimaat

[wysig | wysig bron]
'n Re?nerige dag in Manhattan

Alhoewel dit op dieselfde breedtegraad as Napels en Madrid in die gematigde klimaatsone gele? is, het New York vanwe? die plaaslike windpatroon, wat koue lug van die binneland na die stadsgebied voer, 'n vogtige kontinentale klimaat met baie warm somers en koue winters. Nogtans is wintertemperature in die New Yorkse kusgebied ho?r as in die Amerikaanse binneland en die jaarlikse sneeuval bly beperk tot tussen 25 en 35 duim (63,5 tot 88,9 sentimeter).

Op sowat 199 dae van die jaar styg temperature bo vriespunt. Die gemiddelde jaarlikse temperatuur is 12,5 °C en die gemiddelde jaarlikse neerslag 1 071 millimeter. Julie is die warmste maand met 'n gemiddelde temperatuur van 24,7 °C, Januarie die koudste met 'n gemiddelde van -0,4 °C. Die meeste re?nval word in Julie met 'n gemiddelde van 104 millimeter aangeteken, terwyl Januarie met 'n gemiddelde neerslag van 81 millimeter die droogste maand van die jaar is. Die hoogste temperatuur wat ooit aangeteken is, was 41 °C in Julie, die laagste -26 °C in Januarie. Watertemperature langs die New Yorkse kus wissel tussen 3 °C en 23 °C.

In Januarie daal temperature soms tot minder as -20 °C in sonnige, koue winterweer. Noordoostelike winde, die sogenaamde Northeasters, voer soms vogtige seelug met sterk winde en swaar re?n- of sneeuval na die kusgebied.

Lente en najaar word deur baie wisselvallige weersomstandighede gekenmerk wat van warm en bedompige tot koue weer met sneeuval kan strek. Die somers is gewoonlik baie warm en bedompig met 'n gemiddelde 18 tot 25 dae waarop die kwik tot 32 °C of meer kan styg. Re?nval en donderbuie kom gereeld voor.

New York se langtermyn-weerspatroon word deur die sogenaamde Atlantiese Multidekadale Osillasie be?nvloed, 'n siklus van sowat 70 jaar wat die Atlantiese Oseaan se temperature afwisselend laat styg en daal en die voorkoms en sterkte van orkane en kusstorms in die gebied bepaal. Volgens sommige wetenskaplikes sal die proses van aardverwarming hierdie weerpatroon moontlik in die toekoms verander.

Weergegewens vir New York City (Central Park)
Maand Jan Feb Mar Apr Mei Jun Jul Aug Sep Okt Nov Des Jaar
Hoogste maksimum (°C) 22,2 23,9 30 35,5 37,2 38,3 41,1 40,0 38,8 34,4 28,8 23,8 41,1
Gemiddelde maksimum (°C) 3,3 5,0 10,0 16,1 21,6 26,1 28,9 27,8 23,8 17,8 11,7 6,1 14,9
Gemiddelde minimum (°C) ?3,3 ?2,2 1,6 6,6 12,2 17,2 20,5 20 15,5 10,0 5,0 0,0 8,6
Laagste minimum (°C) ?21,1 ?26,1 ?16,1 ?11,1 0,0 6,7 11,1 10,0 3,8 ?2,2 ?13,9 ?25 ?26,1
Neerslag (mm) 104,9 80,0 111,0 108,7 119,1 97,5 117,3 107,2 107,4 97,8 110,7 100,3 1 261,9
Bron: NOAA/National Weather Service[9]

Omgewingsake

[wysig | wysig bron]
Huurmotors voor Grand Central Station, die tweede besigste stasie in die land

Die openbare vervoerstelsel van New York is die mees gebruikte in die VSA, terwyl die petrolverbruik gelykstaan aan die gemiddelde verbruik van die VSA in die 1920's.[10] Danksy die gewildheid van die openbare vervoer is 1,8 miljard gelling brandstof in 2006 gespaar – die helfte van alle petrol wat in die hele VSA danksy massavervoer bespaar is.[11] Die stad se bevolkingsdigtheid, die gewildheid van massavervoer en die minder belangrike rol wat privaatmotors derhalwe speel, maak van New York die mees energie-doeltreffende stad in die VSA.[12] Die per capita-vrystelling van kweekhuisgasse beloop in New York slegs 7,1 metrieke ton, terwyl die gemiddelde Amerikaner jaarliks 24,5 metrieke ton vrystel. New Yorkers is gemenskaplik slegs vir een persent van die totale vrystelling van kweekhuisgasse in die VSA verantwoordelik, alhoewel hulle 2,7 persent van die totale Amerikaanse bevolking verteenwoordig.[13] Die gemiddelde New Yorker verbruik minder as die helfte van die krag wat sy eweknie in San Francisco en net 'n kwart van wat 'n inwoner in Dallas (Texas) benodig.[14]

In die vroe? 21ste eeu het die stad hom daarop gekonsentreer om die impak wat hy op die omgewing het, te verminder. Die grootskaalse lugbesoedeling lei nog steeds tot 'n ho? voorkoms van asma en ander asemhalingsiektes onder New Yorkers.[15] Die stadsregering het homself verbind om slegs die energie-doeltreffendste toerusting vir die gebruik in kantore en openbare behuising aan te koop.[16] New York beskik oor die grootste vloot van omgewingsvriendelike diesel-hibried- en natuurgas-aangedrewe busse en ook sommige van die eerste hibried-huurmotors.[17]

Museums

[wysig | wysig bron]

Boukuns

[wysig | wysig bron]

Die wolkekrabber, 'n nuwe argitektoniese konsep wat vir die eerste keer in Chicago verwesenlik is, het plaaslike boustyle van die tradisionele lae Europese bouwyse laat wegbeweeg en die ontstaan van die kenmerkende veelverdieping-kantoorgeboue van New York se sakebuurte bevorder. Aangesien die stadsgebied grotendeels deur water omring is, het die ho? bevolkingsdigtheid en stygende eiendomspryse in sakegebiede aanleiding gegee tot een van die wêreld se grootste opeenhopings van ho? sakegeboue en woonstelblokke.

Sport

[wysig | wysig bron]

Tussen middel Julie en vroeg Augustus word vir twee weke een van die mees prestigeryke kampioenskappe in tennis aangebied: Die VSA-Ope. Dit vorm saam met die Australiese Ope, Franse Ope en Wimbledon-kampioenskap die vier "Grand Slam"-toernooie van elke jaar.

New York was een van die gasheerstede tydens die T20I-wêreldbeker 2024.

Panoramabeelde

[wysig | wysig bron]
Die stadshorison van New York, soos gesien vanaf die Staten-eiland-veerpont
Uitsig in suidelike rigting vanaf die Rockefeller Center
180°-panorama, Manhattan soos gesien vanaf die Empire State Building (snags)
360°-Panorama, Manhattan soos gesien vanaf die Empire State Building (bedags)

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) U.S. Census Bureau, New York's 2010 Census Population Totals Geargiveer 25 Januarie 2012 op Wayback Machine
  2. (en) Amerikaanse Statistiekkantoor, Annual Estimates of the Population of Metropolitan and Micropolitan Statistical Areas: April 1, 2000 to July 1, 2004
  3. (en) Etta Badoe (11 November 2015). "1664 New Amsterdam becomes New York Dutch rulers surrender to England". Queens Chronicle. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Februarie 2017. Besoek op 1 Februarie 2017.
  4. (en) Thomas J. Archdeacon (2013). New York City, 1664–1710: Conquest and Change. Cornell University Press. p. 19. ISBN 978-0-8014-6891-9.
  5. (en) Rodgers, Cleveland (1948). New York: The World's Capital City. Harper.
  6. (en) Miller, Christopher L.; George R. Hamell (1986). "A New Perspective on Indian-White Contact: Cultural Symbols and Colonial Trade". The Journal of American History. 73 (2). Besoek op 21 Maart 2007.
  7. (en) Eleanor Berman: DK Eyewitness Travel 2016 – New York City. New York: DK Publishing 2015, bl. 25
  8. (en) Burns, Ric (22 Augustus 2003). "Transcript". The Center of the World – New York: A Documentary Film. PBS. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Augustus 2006. Besoek op 20 Julie 2006.
  9. (en) "Average Weather for New York, NY – Temperature and Precipitation". NOAA/National Weather Service. Besoek op 18 September 2008.
  10. (en) Jervey, Ben: The Big Green Apple: Your Guide to Eco-Friendly Living in New York City. Chester, CN: Globe Pequot Press 2006. ISBN 0-7627-3835-9
  11. (en) A Better Way to Go: Meeting America's 21st Century Transportation Challenges with Modern Public Transit. Uitgegee deur U.S. Public Interest Research Group, Maart 2008. Webwerf:[1] Geargiveer 16 Mei 2008 op Wayback Machine
  12. (en) Owen, David: Green Manhattan. In: The New Yorker, 18 Oktober 2004
  13. (en) New Yorkers are collectively responsible for one percent of the nation's total greenhouse gas emissions. In: Inventory of New York City Greenhouse Gas Emissions (April 2007), uitgegee deur die New York City Office of Long-term Planning and Sustainability. Webwerf: www.nyc.gov
  14. (en) "The City of New York: Global Warming and Greenhouse Gases". 6 Desember 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2010. Besoek op 19 Junie 2008.
  15. (en) Coburn, Jason/Jeffrey Osleeb/Michael Porter: Urban Asthma and the Neighbourhood Environment in New York City. In: Health & Place, jaargang 12(2), Junie 2006, bl. 167-179
  16. (en) DePalma, Anthony: It Never Sleeps, but It's Learned to Douse the Lights. In: The New York Times, 11 Desember 2005, webwerf: www.nytimes.com
  17. (en) "Metropolitan Transportation Authority: A Century of Buses in New York City". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Mei 2006. Besoek op 19 Junie 2008.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
风声鹤唳是什么意思 大拇指指甲凹凸不平是什么原因 孕检唐筛是检查什么的 vc是什么药 什么花秋天开
女金片的功效与作用是什么 做梦飞起来了是什么兆头 什么样的嘴巴 痛风什么东西不可以吃 l是什么单位
姿态万千的意思是什么 怀孕第一个月吃什么对胎儿好 忌动土是什么意思 胸透检查什么 肠梗阻挂什么科
锦鲤什么意思 白羊跟什么星座最配 蜂蜜不能和什么食物一起吃 喜欢出汗是什么原因 玉树临风是什么生肖
遗精是什么意思hcv9jop4ns7r.cn 苏州立秋吃什么hcv8jop3ns5r.cn 卡哇伊是什么意思hcv9jop5ns2r.cn 梦到抓到鱼是什么意思hcv9jop1ns0r.cn 突然好想你你会在哪里是什么歌hcv8jop8ns9r.cn
dunk是什么牌子hcv8jop7ns4r.cn 罗非鱼吃什么食物hcv8jop8ns2r.cn 平安喜乐什么意思helloaicloud.com 什么叫子宫腺肌症chuanglingweilai.com 周杰伦什么时候出道hcv7jop5ns4r.cn
吃鱼肝油有什么好处hcv9jop5ns0r.cn 津液不足吃什么中成药hcv9jop1ns9r.cn 脑白质变性是什么意思hcv8jop6ns8r.cn 拔牙后能吃什么hcv9jop0ns7r.cn 血管瘤是什么样子的wzqsfys.com
扁桃体炎吃什么消炎药hcv8jop4ns1r.cn 三顾茅庐是什么意思hcv9jop4ns3r.cn 子宫出血是什么原因hcv8jop9ns8r.cn 汉菜不能和什么一起吃onlinewuye.com 口臭看什么科室hcv8jop8ns1r.cn
百度