风流倜傥群战王 大唐无双手游新男无名职业解析
Tafelbaai | |
---|---|
![]() Tafelbaai soos gesien vanaf Tafelberg | |
Ko?rdinate: | 33°53′S 18°27′O / 33.883°S 18.450°O |
Ligging: | Wes-Kaap, Suid-Afrika |
Soort: | Baai van die Atlantiese Oseaan |
Lengte: | 9 km |
Breedte: | 5 km |
Uitvloei: | Atlantiese Oseaan |
Eiland/e: | Robbeneiland |
Nedersettings: | Kaapstad |

Tafelbaai (Engels: Table Bay) is 'n natuurlike inham waaroor Kaapstad uitkyk en is gele? aan die noordekant van die Kaapse Skiereiland, wat suidwaarts tot by Kaap die Goeie Hoop strek.
Die naam Tafelbaai is afgelei van die wêreldberoemde Kaapse landmerk Tafelberg, wat op sy beurt só genoem is vanwe? sy plat kruin. Robbeneiland is in die baai. Hoewel die baai reeds eeue lank bekend is as 'n veilige hawe vir skepe, is dit in werklikheid nie 'n baie goeie natuurlike hawe nie en is dit blootgestel aan stormwinde uit die suidooste en noordweste. Baie seilskepe wat in die 17de en 18de eeue in die baai skuiling gesoek het, het weens storms gestrand. Die Nederlandse koloniste het egter voortgegaan om 'n nedersetting hier te vestig aangesien daar min natuurlike hawens langs die Kaapse kus is en die naaste alternatiewe – Valsbaai en Saldanhabaai – byna geen vars water gehad het nie.
'n Hawe is mettertyd in Tafelbaai gebou deur landherwinning en die bou van breekwaters om skepe te beskerm. Die ouer deel van die struktuur staan as die Victoriadok bekend. Die nuwer deel word Duncandok genoem.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Tafelbaai.